Die dag as ek vrees, sal ek op U vertrou
ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen?
2. Wees my genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag.
3. My vyande vertrap my die hele dag, want baie veg teen my in hoogmoed.
4. Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.
5. Deur God sal ek Sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen?

