Jy Hoef nie 100 te Wees nie
Emotional Journal

Emotional Journal 2022.10.13

Emotions – Jy hoef nie 100% te wees nie

Ek voel moeg, laat gaan slaap!
Nou met my eks meisiee gepraat. Sy so “great” meisie en dit maak seer om te aanvaar ons nooit weer kan saam wees nie.

Haar vriende het haar in die rug gesteek, en ook vir my, en sy het nou paadjies geskei met hulle.

Ek wil haar ondersteun, maar ek wil haar ook terug he. Alhoewel ek weet dit gaan nooit gebeur nie.

Voel negatief, ek voel nie goed genoeg nie. En sy gaan floreer ek weet dit en ek is baie bly en gun haar dit. Maar gelukkig praat ons mooi met mekaar geen haat en geen kwaad.

Ja, natuurlik sit en luister ek nou “sad songs”. Dit help nie, ek weet dit. Voel net dat die meisie het my lewe vol gemaak, alles waarvoor ek kon vra was en is sy.

Maar ja, sy gaan weg na Potties toe. Ek haat “rejection”, en die keer was die 90% my eie skuld.

Verwerping of afskeid neem is vir my swaar – so baie mense al verloor. Vrees dit.

Ek gee my hele hart en al my emosies wanneer ek so spesiale meisie ontmoet. Baie diep lief geraak.

Maar ek het dit opgefoeter. Alhoewel sy van die begin af vir my gese het sy sien my nie in haar toekoms nie., oor 3 maande gaan sy Potties toe. Sy was eerlik maar ek steeds geglo ek sal haar akan bewys ons sal “forever” / “for keeps” maar sommige insidente het nie veel gehelp nie. Ek het haar afgeskrik ook.

Ek gaan nou ontbyt eet, kar was en soos ek ry besef ek, ek het nie geluk in myself meer nie (dalk), soos voorheen. Dalk soek ek dit in ander bv: Nicola of in ‘n meisie.

Ek is oortuig mense hoef nie 100% te wees voordat jy in ‘n verhouding ingaan nie. Niemand was of is of sal ooit altyd 100% wees nie. Niemand is perfek nie.

Die regte maat mag juis dalk die regte aansporing wees vir jou. Die lewe gaan soms bitter raak en dan ondersteun mens mekaar in ‘n verhouding.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Back To Top